Seeperdjies

Die Seeperdjies is die jongste maatjies van die skool. Ons leer baie dingetjies deur die dag terwyl ons heerlik speel. Elke oggend begin ons met ‘n Bybelstorie en gebedjie. Vir ‘n hele week lank leer ons in alles wat ons doen van een tema. Op die Vrydag sal ons die tema afsluit deur lekker te bak-en-brou.


Kunsaktiwiteite geniet almal en ons doen dit elke dag! Hier ontwikkel ons die fyner spiertjies en leer hoe om met skêre, kwaste en kryte te werk. Die groot gunsteling bly natuurlik die kleitafel.


Ons kan gewoonlik nie wag vir speeltyd buite nie. Dit is hier waar die grootspiere van ons lyf kans kry om te ontwikkel en sterk te word deur klim-en-klouter en hardloopspeletjies. Ons leer ook hier om op ons eie met maatjies te kommunikeer sodat ons taal- en sosiale vaardighede kan ontwikkel.


Ons Seeperdjies leer ook al van die datum, die weer en natuurlik wanneer ons verjaar. Op ons verjaarsdag laat juffrou ons baie spesiaal voel. Ons kry ‘n kroon, die maatjies sing vir ons en ons eet lekker eetgoedjies, wat mamma gewoonlik skool toe stuur.


Familie is belangrik by Kontiki en hulle word bederf met Oupa-en-Oumadag en met wanneer ons markdag en Jaarkonsert hou.

ONTMOET ONS JUFFROUENS

Chiquita Bezuidenhout

My naam is Chiquita Bezuidenhout, maar in die Seeperdjieklas ken die kinders en ouers my as juf. Cheeky.  Ek is dolgelukkig tussen my Seeperdjies, en ons leer, lag en speel elke dag voluit.

Ek is deel van Kontiki sedert 2003. Vir ‘n klein rukkie het ons wel na Nelspruit verhuis en was ek weg uit Bloemfontein, maar dit is moeilik om Kontiki se stof van jou skoene af te skop as jy ooit deel was van die Kontiki familie. Ek is steeds dol daaroor om te sien hoe klein lyfies groei en te help dat hulle in liefde en met glimlaggies in hulle ogies vir skool ontwikkel.

Ek is self ‘n mamma van 2 pragtige seuns.  Een het  ADHD en die ander  OCD.  Dit gee my begrip en geduld vir kindjies wat swaarkry.  Ek weet dat ‘n mens partykeer om hoekies moet loer om ‘n kindjie te verstaan en sal altyd my bes doen om met julle kosbaarste lyfies te werk asof hulle my eie is, sodat hulle die beste moontlike onderrig kan kry.

Kwalifikasies:

TECHNIKON SUID-AFRIKA
Diploma in Educare

ULTIMATE FIRES
Basiese Brandbestrydingskursus (2018)
Ontruimingskursus (2018)
Vlak 1 Noodhulp (2018)
     
SAOU
Gereed om te leer & Skoolgereed (2016)    
Vensters tot jou Persoonlikheid (2017)

Lehzè Hattingh

Om met klen kindertjies te kan werk gee vir my insig in hoe hulle ontwikkel en ek leer daagliks meer oor hoe om, op die regte manier, met hulle te werk.  Dit is werklik soos ‘n nuwe wêreld wat vir my oopgegaan het.  Dit is die beste ervaring om my kennis te kan toepas in my werk en om ‘n liefde daarvoor te hê.

Ek glo dat my doel as assistent is om ‘n steunpilaar te wees vir my juffrou en om onvoorwaardelike liefde en geduld te betoon aan die klein bondeltjies vreugde in ons klas. 

Awesome Image

By Kontiki is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • info@kontiki.co.za
© 2019 Kontiki Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft