Pikkewyne

Die Pikkewynklas bestaan uit 28 vier- tot vyfjariges.
Hier in die Pikkewynklas lag ons hard, speel ons lekker en werk ons saam om nie nèt te ontwikkel en te groei nie, maar om die beste herrinneringe saam te kan bou.


ONTMOET ONS JUFFROUENS

Michelle Pretorius

My naam is Michelle Pretorius en ek is vanaf 2013 aan Kontiki verbonde. Ek het my BEd graad (Grondslagfase) deeltyds deur UNISA voltooi, maar werk al as kleuterskoolonderwyseres vanaf 2012.

Ek is in 2017 getroud met Herman en, alhoewel ons baie lief is vir ons hondekinders, kan ons nie wag om met ons eie gesin te begin nie.
My passie is kinders en ek het ‘n groot liefde vir die werk wat ek doen. My doel in onderwys is om elke kind op elke moontlike vlak te ontwikkel en dan met ‘n bly hartjie huis toe te stuur.

Kwalifikasies:

Dr ZENDA NEL
Kekkelbekkie Dagsorg

UNISA
B Ed (Grondslagfase) (2018)

WERKSWINKELS & SEMINARE BYGEWOON IN KINDERONTWIKKELING:

ULTIMATE FIRES
Basiese Brandbestryding (2018)
Ontruimingskursus (2018)
Vlak 1 Noodhulp (2018)

THE CONNEXION (Dr. Melody de Jager)
Graad R opleiding (2013)
Dr. Zenda Nel (Universiteit van Pretoria)
Kursus in Musiekverryking (2013)
Kekkelbekkies Dagsorg
Seminaar om kinders met gedragshindernisse te verstaan en op ‘n positiewe wyse te hanteer (2015)

SAOU
Boustene van Leer (2015)
Sensoriese Integrasie (2015)
Oorgang van gr R na gr 1 (2015)
Terapeutiese Kuns (2016)

MIND MOVES INSTITUTE (Dr. Melody de Jager)
Praktiese werkswinkel (2017)
Die Neurowetenskap van Leer (2018)
Die Neurowetenskap van Ontwikkeling (2018)
Die Neurowetenskap van Gedrag (2018)
Die Neurowetenskap van Uniekheid (2018)
Neuro-ontwikkelingsagterstande  (2018)

Marizaan de Roubaix

My naam is Marizaan de Roubaix. Ek is die assistentjuffrou in die Pikkewynklas. Ek werk al met kinders sedert 2014 deur Trompoppie-afrigting. Ek het in 2018 by Kontiki aangesluit. My passie is kinders end it is my strewe om ‘n positiewe bydra te lewer tot elke kind se opvoeding en ontwikkeling. Ek glo, elke kind verdien sy/haar plekkie in die son.

Awesome Image

By Kontiki is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • info@kontiki.co.za
© 2019 Kontiki Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft