Kontiki se Simbole en Waardes

Kontiki se skoolwapen is ‘n seilbootjie wat vaar op die water met ‘n 3 seile wat wapper in die wind.


Verduideliking van ons waardes op grond van ons skoolwapen

Ons geloof is soos ‘n bootjie wat dryf op die see van die lewe.
Hoe sterker ons bootjie, hoe beter kan dit die storms van die lewe weerstaan.
Omgee en respek is die twee roeispane.
Sonder die roeispane kan die bootjie wel dryf, maar deur die spane te gebruik kan jy self bepaal waarheen jy jou bootjie stuur.
Blydskap is die seile wat vrolik wapper in die wind.
Blydskap volg wanneer jy geloof, respek en omgee in jou lewe toepas.
Blydskap verteenwoordig ook ‘n positiewe gesindheid.

Simbole gekoppel aan waardes

Simbole word gekoppel aan waardes sodat die kleuters ‘n konkrete assosiasie hiermee kan maak.
Die simbole kan ook in aksies omgesit word sodat die kinders dit makliker kan herroep.


1. Geloof: twee hande wat bid  - geel
2. Omgee: twee hande wat hart vorm  - rooi
3. Respek twee hande wat groet  - groen
4. Blydskap twee hande wat waai  - kleure

Awesome Image

By Kontiki is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • info@kontiki.co.za
© 2019 Kontiki Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft