Ons Waardes

Kontiki se Visie is om elke klein kindjie binne ‘n veilige omgewing en in eie uniekheid skoolgereed te kry.  Met Christenskap as grondslag en Afrikaans as voertaal kweek ons hierdie waardes:

15

Personeel

42

Konserte

2000

Gelukkige ouers

1255

Gegradueerdes

Wat ons bied

Sedert 1976 lewer ons topgehalte diens met uitstekende geriewe vir u kind.

Ervare Onderrig

Christelike grondslag deur 'n ervare juffrou en assistent in elke klas.

Liefde en Aandag

Uniekheid word raakgesien en elkeen ervaar persoonlike kontak.

Smaaklike Etes

Etes kan voorsien word en daar is gesuiwerde water in elke klas.

Parkering

Veilige parkering en die vloei van verkeer in die oggende word vergemaklilk deur eenrigtingvloei.

Fisiese Aktiwiteite

'n Gebalanseerde program word gevolg wat verseker dat daar genoegsame deelname aan fisiese aktiwiteite is.

Veilige Omgewing

Veiligheid is een van ons hoogste prioriteite en daar is 32 cctv-kameras op die perseel.

Ons Klasse

 

class image
  • Klasgrootte24
  • Ouderdom3-4
  • Juf Chiquita Juf Lehzé

Die Seeperdjies is die jongste maatjies van die skool. Ons leer terwyl ons speel.

class image
  • Klasgrootte28
  • Ouderdom3½ - 4½
  • Juf Jeanne Juf Mavis

Die Dolfyne bemeester nie net aktiwiteite nie, maar ontwikkel ook sosiaal en emosioneel.

class image
  • Klasgrootte28
  • Ouderdom4-5
  • Juf Caroline Juf Marizaan

In die Pikkewynklas lag ons hard, speel ons lekker en werk ons saam.

 
 

 

class image
  • Klasgrootte28
  • Ouderdom5-6
  • Juf Chanell Juf Jo-Ann

Hier in die Walvisklas gee ons die maats ‘n geleentheid om hulself te wees.

class image
  • Klasgrootte28
  • Ouderdom5-6
  • Juf Charlotte Juf Maretha

Die Seekatte is ons grootste maatjies. Hulle leer ook omsien na die jonger kindertjies.

 

EERSTE DAG SKOOL TOE 2020!

Kontiki is 'n wonderlike skool met baie goeie personeel! Daar is soveel liefde en geduld vir al die kindertjies. Hier kan n kind nog kind wees en leer terselfde tyd. Beste skool in Bloemfontein!

Marzelle Gous

Marzelle Gous

(Kleuter se ma)

Albei ons seuns was in Kontiki en ek glo en vertrou my kinders is sterk leiers, gelowige kinders en kinders met mooi maniere as gevolg van die liefde en erkenning wat hulle by Kontiki ontvang het.

Illse Nel

Illse Nel

Kleuter se ma

Wat kan ek sê - Kontiki is tops! My kind Adrie het nie net op akademiese vlak baie ontwikkel nie, maar ook emosioneel sterk uitgestap toe sy haar graad R voltooi het! Baie dankie Kontiki vir julle toewyding en omgee!

Riana Meyer

Riana Meyer

Kleuter se ma

Algemene Vrae

  • Kan ons kom kyk hoe dit lyk?

    Nuwe ouers is welkom om oggende tussen 08h30 en 13h00 te kom inloer wanneer die administratiewe personeel by die skool is. Geen afspraak is nodig nie.

  • Hoe skryf ek in?

    Die vorm kan per e-pos of per hand by die skool ingehading word.

  • Watter ouderdom kinders neem julle in?

    Kleuters kan Kontiki bywoon vanaf die jaar wat hulle 4 word tot die jaar voor hulle laerskool toe gaan.

  • Watter dokumente moet die inskrywings vergesel?

    Afskrifte van die kind se geboortesertifikaat en kliniekkaart, sowel as afskrifte van ouers se identiteitsdokumente moet die inskrywing vergesel.

Kontak ons

Awesome Image

By Kontiki is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • info@kontiki.co.za
© 2019 Kontiki Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft